Nuwe era met stadion betree

Krieket
Klubwedstryde kan glo reeds in September vanjaar gespeel word op die speeloppervlak wat vir die 2026 ICC onder 19 Wêreldbeker voorberei word.
Tielman Van Lill
Krieket Namibië het ’n mylpaal in die geskiedenis van die land aangeteken toe die eerste sooi vir die eerste nasionale krieketstadion Woensdagoggend gespit is.

Die nasionale krieketstadion verrys skuins aan die noordekant langs die Hage Geingob-rugbystadion in Olympia, en ’n klipgooi van die Onafhanklikheidstadion.

Die heel eerste bal van die Internasionale Krieketraad (ICC) se 16de o.19-Wêreldbeker sal vroeg in 2026 daar geboul word. Die junior wêreldskouspel word gesamentlik deur Namibië en Zimbabwe met 16 deelnemende lande aangebied.

Kort daarna bied Namibië saam met Suid-Afrika en Zimbabwe ook die 14de ICC Wêreldbeker 2027 in eendagkrieket aan. Verskeie van dié botsings sal by die stadion in Windhoek gespeel word om krieketliefhebbers, plaaslik en vanoor die wêreld, te bederf.

Afgesien van die krieketveld met agt kolfblaaie en pawiljoen met losies, sal die kompleks ’n hoëprestasiesentrum, restaurant, sportwinkel en naburige oefenveld met kolfblaaie en nette huisves.

Die spogstuk word nie net vir internasionale kompetisies opsy gesit nie. Klubkrieket behoort reeds vanaf komende September daar gespeel te word.

Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, het in sy toespraak gesê: “ Eendag sal ons nabetragting oor ons lewens kan doen en die goeie herinneringe onthou. Vir sommiges sal dit vinnig gebeur, vir ander sal daar genoeg tyd wees.

“Die gesprek oor goeie herinneringe uit die verlede sal altyd begin met, ‘daai was darem ’n lekker dag’. Om vandag deel te wees van hierdie seremonie sal ons vir ons as raadslede van KN nie weer beskore wees nie.

“Wat ons vandag hier sien, is die fisiese gevolg van ’n kollektiewe visie wat sedert 2018 ontwikkel het. Vandag is vir my ’n lekker dag.

“Ons het gegaan en by die bestes in Indië en Suid-Afrika gaan leer en teruggekom en dit beter op die Namibiese manier kom doen. Ons nasionale krieketstadion is hier om internasionaal te kompeteer.

“In 2022 het wyle president Hage Geingob tydens ’n besoek aan Staatshuis aan ons KN-visepresident Polly Negongo gesê, ‘So, julle gaan wêreldbeker toe,’ en Polly het gesê, ‘Nee u eksellensie, ons gaan nie net Wêreldbeker toe nie, ons gaan om daar te kompeteer.”

“En dis die mentaliteit van ons krieketraad, dis ons vasberadenheid en visie. Ons sal altyd kompeterend wees. Nog voordat hierdie stadion gebou kan word, verower dit reeds internasionaal die prys vir die beste sonsondergange en beste braaiplekke.

“Die mense van Namibië is die grootste aandeelhouers in krieket in Namibië en is verantwoordelik vir ons sukses. Die hoekstene vir ons kultuur is uitnemendheid, dissipline, eenheid, kommunikasie, respek en deursigtigheid.

“Hierdie stadion sal meer as bloot ’n struktuur van staal en beton wees. Dit sal die hartklop van die Namibiese krieketgemeenskap word. ’n Plek waar drome gebore en gekweek word en krieketspelers hul talente kan uitstal en herinneringe in ons DNA ingeëts sal word. Hier sal vriendskappe gesmee word en die gees van kompeterendheid en uitnemendheid sal toeskouers vul.

“Kom ons breek die hindernisse af wat tussen ons, ons drome en aspirasies staan. Laat die stadion vir ons ’n simbool van ongekende moontlikhede van sukses wees.

“’n Spesiale woord van dank aan Johan Muller, uitvoerende beampte van Krieket Namibië, en sy span. Julle toewyding en passie vir dié projek sal ons altyddeur inspireer.

“Die eerste krieketbal van die 2027 Wêreldbeker sal hier waar ek staan voor ’n volgepakte stadion geboul word en die aankondiger sal sê, ‘Welkom by die Namibian Cricket Ground, beter bekend as die NCG. Laat die spel begin’.”



KONTRAKTE

In nog ’n deurbraak het Krieket Namibië terselfdertyd sy eerste kontrakte aan sy vrouespelers oorhandig om hul volwaardige professionele spelers te maak.

Johan Muller, uitvoerende hoof, het gesê: “Hierdie kontrakte stel ons in staat om die topspelers van die kus na Windhoek te trek waar hulle sal woon en werk. Nou kan al die vroue in die hoofstad hul sport van keuse beoefen sonder dat hul afwesigheid by die kus hulle benadeel.”

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-05-19

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%