Johannes, Paulus hou pas nie vol

Marathon
Tielman Van Lill
Deresa Geleta Ulfata van Ethiopië het gisteroggend die 2024 Zurich Marathon de Sevilla in ’n nuwe rekordtyd gewen.

Hy het sy landgenoot Asrar Abderehman se 2022-rekord van 2 ure 4 minute 43 sekondes tot 2:03:26 verbeter. Sy wentyd is die 18de vinnigste in die geskiedenis van die marathon vir mans, asook die vinnigste ter wêreld vanjaar.

In wat as die platste marathonroete in Europa beskryf word, het Morhad Amdouni (tweede) met 2:03:46 ook onder die ou byeenkomsrekord geëindig en Frankryk se nuwe nasionale rekordhouer geword.

Namibië se Namibiese senior rekordhouers, Helalia Johannes (2:19:52) en Daniel Paulus (2:08:40), asook Alina Armas het ook deelgeneem, maar kon nie onder die top-20 eindig nie.

Johannes is vooraf onder die gunstelinge genoem en Paulus was wel in ’n stadium sesde in sy wedloop geplaas, maar kon nie die hewige pas oor die laaste kilometers volhou nie.

Vele lande het hul hoopvolle atlete gestuur in die hoop om kwalifisering vir die Olimpiese Spele in Parys te verseker. Die gehalte van die topatlete was verstommend, met 45 mans wat tevore vinniger as twee ure 10 minute gehardloop het, 63 wat 2:12 oortref het, 111 wat onder 2:14 gedraai het en 130 haastiger as 2:15. Onder die vroue-inskrywings was 29 wie se persoonlike beste onder 2:30 was.



VOORSTE VROUE

1 Azmera Gebru Hagos (Ethiopië) 2:22:13.

2 Josephine Chepkoech (Kenia) 2:22:38.

3 Magdalyne Masai (Kenia) 2:22:51.

4 Habela Genet Abdurkadir 2:23:14.

5 Derartu Hailu Gerefa 2:23:18.

6 Antonina Kwambai 2:23:47.

7 Dalilia Abdulkadir Goas 2:24:02.

8 Meline Rollin 2:24:12.

9 Florencia Borelli 2:24:18.

10 Carolina Wikstrom 2:24:30.



VOORSTE MANS

1 Deresa Geleta Ulfata (ETH) 2:03:26.

2 Morhad Amdouni (Frankryk) 2:03:46.

3 Gashau Ayale (Israel) 2:04:52.

4 Yemaneberhan Crippa 2:06:05.

5 Tefese Delelegn Abebe 2:06:10.

6 Ghirmay Ghebreslassie 2:06:48.

7 Christian Zamora 2:06:53.

8 Eyob Faniel 2:07:07.

9 Melaku Belachew Bizuneh 2:07:27.

10 Suldan Hassan 2:07:35.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-05-04

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A