Landbousektor in rou gedompel

NLU deel droogtewenke in videoreeks
Namibië treur nie net oor die heengaan van sy staatshoof nie, maar die droogtetyd word as 'n krisistyd beskryf.
Francoise Steynberg
Die landbousektor is met skok en ongeloof vervul ná die heengaan van Namibië se derde president, dr. Hage Geingob.

“Namibië het nie net ’n leier verloor nie, maar ook ’n boer, want Geingob was ook ’n boer. Dis nie maklik vir ’n nasie om ’n vader te verloor nie. Ons huil en ons is in pyn,” het die president van die Namibiese Ontluikende Kommersiële Boerevereniging (Necfu), dr. Ndahafa Nghifindaka-Tjiuongua, emosioneel aan Agri Monitor gesê.

“Geingob het ’n skerp sin vir humor gehad en hy het die belange van alle Namibiërs op die hart gedra. Hy was ’n man van alle seisoene,” het sy gesê.

“Ons is inderdaad hartseer om afskeid te neem van dr. Hage Gottfried Geingob,” het die president van die Namibië Landbou-unie (NLU), Thinus Pretorius, gesê.

“Hy was deurslaggewend in die skep van ’n gees van Harambee wat in ons Grondwet verskans is. Ons erken sy rol in die bewaking van die versoeningsproses vir 34 jaar en sy onvermoeide poging om die nasie onder een dak ‘ons Namibiese huis’ te verenig. Die Namibiese huis is vandag inderdaad baie armer.”

Die NLU spreek hul innige meegevoel uit aan die presidentsvrou Monica Geingos, die familie, naasbestaandes en die hele Namibiese nasie.

“Mag sy siel in ewige vrede rus.”



KRISISTYD

Benewens Geingob se heengaan wat onsekerheid oor die toekoms bring, word die droogtetyd as ’n krisistyd beskryf en verkeer boere landswyd in nood.

Alhoewel dit die naweek wyd en syd gereën het, is daar steeds gebiede waar dit bitter droog is, veral in die Suide en Noordweste.

Tanja Dahl van die NLU het tydens ’n besoek van Agri Monitor gesê die unie is bewus van sy verantwoordelikhede teenoor sy lede tydens die droogte.

Sy sê die NLU wil graag hul lede moreel en prakties met behulp van ’n videoreeks ondersteun, terwyl daar deurentyd bewusmaking gaan plaasvind by die regering en ander rolspelers oor die nasionale omvang van die droogte.

Die NLU gaan in ’n reeks video’s poog om boere praktiese wenke en oplossings te gee om hulle te help besluit hoe om die droogte te bestuur.

Ná noukeurige besinning deur die NLU se bestuur, is tot die gevolgtrekking gekom dat die Dare To Care-fonds tydens die droogte-uitdagings nie die mees geskikte werktuig sal wees nie.

“Die sake-omgewing is deesdae minder gunstig vir skenkings, wat ons noop om ander stappe in plek te sit. Ons werk saam met al die ander landbou-unies om die beste moontlike oplossings te vind en sinvolle regeringsondersteuning ’n werklikheid te maak.”

Die eerste stap van op-die-plaas-droogteplanne is om die realiteit te aanvaar en planne in plek te kry. Die NLU meen die realiteit is dat kuddes in droogtetye verminder moet word, en dat die mark daardeur onderdruk word.

“Slag- en bemarkingskapasiteit gaan vanaf Mei oorvol wees en hoe gouer bemarkingsplanne in plek gesit word, hoe beter.”

Volgens die NLU moet vroegtydige bemarking gedoen word voor dit paniek veroorsaak.”

Die NLU nooi almal uit om bydraes na [email protected] te stuur waar boere mekaar kan ondersteun en praktiese voorstelle kan deel.

Voorts sal ds. Dries Burger en sy span geestelike ondersteuning aan boere in nood by 081 251 8088 bied. – [email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-05-04

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A