Doringlose turksvye is geen bedreiging

Kom gesels saam op boeredae
'n Deurwinterde navorser van doringlose turksvye as 'n droogte-aangepaste voergewas, sê hy het nog nooit gesien dat die plant vervuil of enige bedreiging vir mens of dier inhou nie.
Elvira Hattingh
Doringlose turksvye hou min, indien enige risiko in om te vervuil of om enige skade aan mens of dier aan te rig.

Só se dr. Herman Fouché, ’n dosent verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se fakulteit natuur- en landbouwetenskappe wat al vir meer as 20 jaar lank betrokke is in die navorsing van turksvye in die buurland.

Hy het gereageer op onlangse oproepe van die Namibiese publiek wat beweer turksvye sal, soos indringerkaktusse, vervuil en die dorings sal skade aan diere veroorsaak en ook beweringe dat dit nie hoë voedingswaarde inhou nie.

Fouché, wat in Junie en Julie verskeie praatjies oor die gewas in Namibië sal aanbied op uitnodiging van plaaslike landbou-unies, is van mening dat dié smaaklike gewas ’n handige uitkoms as ’n veevoer in Namibië kan wees, veral waar droogtes gereeld voorkom.

“Ek dink die mense is onnodig sensitief hieroor,” het hy gesê en ’n uitnodiging gerig aan enige een met besware om die inligtingsdae by te woon.

Fouché sê dit is belangrik dat mense die omgewing wil beskerm.

“Ek self is egter reeds vir 20 jaar lank besig met navorsing oor turksvye. Op die persele waar ek werk en selfs op my seun se plaas waar ons van die turksvye geplant het, het ek nog nie van die plante buite die grense gekry van waar ons geplant het nie.”



DORINGLOOS

Fouché sê in die meer as 100 jaar wat doringlose turksvye in Suid-Afrika aangeplant word, is daar nog geen tekens gevind dat dit vervuil nie.

Een van die vernaamste redes hiervoor is dat dit uiters smaaklik is en alle diere, veral wild soos koedoes, hase en varke, vreet dit voortdurend.

Hy sê in 1914 is die eerste doringlose turksvye uit Kalifornië na Suid-Afrika ingevoer.

“Sedert toe tot vandag kon daar geen bewyse gevind word van doringlose turksvye wat vervuil nie.”

Fouché sê doringlose turksvye is aanvanklik by ’n navorsingstasie by Middelburg, genaamd Grootfontein, aangeplant.

“Die afgelope 100 jaar is daar by die navorsingstasie geen tekens van indringing nie. Die turksvy is besonders smaaklik en dit beteken hy word so gevreet dat hy nie sal oorleef nie. Alles vreet hom – alle herkouers.

“Die punt is, ons werk net met doringlose turksvye wat met behulp van kloning voortgeplant word. Dit beteken dit het nie lang dorings nie, alhoewel alle turksvye die fyn haardorings het.

“Hierdie doringlose tipe kán deur diere gevreet word. Alle turksvye is besonders smaaklik vir diere, maar die met die lang dorings keer dat diere dit nie kan vreet nie,” het hy verduidelik.

Hy sê die indringing van wilde turksvye met dorings in die Oos-Kaap is ’n ander storie.

“Dit is die gebied tussen die Karoo en die see. Daar is ’n indringing van turksvye met dorings, maar die probleem word getakel met behulp van natuurlike vyande vir die turksvy, soos die cochenille-insek en kaktoblastis-mot.

“Sou die turksvy ’n probleem raak, is dit boonop eenvoudig om dit uit te roei. Ek het egter nog nooit gesien dat die doringlose turksvy indring nie omdat hy smaaklik is en alles hom vreet.

“Dit is een van die grootste uitdagings daarvan om turksvye aan te plant – om dit te beskerm teen alles wat dit wil vreet.”

Fouché sê ook die mak of doringlose turksvy word uitgesluit van die amptelike Suid-Afrikaanse onkruidlys.



NIE SKADELIK

“Die fyn, harige dorings het ook geen uitwerking op diere se spysverteringstelsels nie. Ons het dit nou al op ’n deurlopende basis vir skape, beeste en varke gegee en dit het geen gevolge nie,” het hy gesê.

Fouché het bygevoeg dat die gewas in Brasilië op grootskaal benut word.

“As dit enigsins ’n gevaar of bedreiging inhou, sou die bedryf al kennis daarvan geneem het,” het hy gesê.

Hy sê 70% van die melkboere in Brasilië gebruik turksvye as ’n voergewas. Dit sny hul voerkoste drasties, omdat die produksie van ’n ton turksvy-plantmateriaal sowat N$500 kos, teenoor mielies wat al vir sowat N$5 000 per ton aangekoop moet word.

“Hierdie is iets wat al jare beproef word en bewys is om te werk,” het hy gesê.

Fouché sê turksvye is ’n energievoer, soos byvoorbeeld mielies en bevat baie min proteïene. Hy sê dit word gewoonlik saam met droë hooi gevoer – in ’n 40% tot 60% verhouding met turksvye. Hy sê boere moet dit deel van hul voerstelsel maak en dit elke jaar benut en nie net tydens droogtes nie.

“Dit werk bykans soos groenvoer as dit as ’n groen materiaal gevoer word. Dit bevat ook sowat 70% van die energiewaarde van mielies,” het hy bygevoeg.



KOM PRAAT SAAM

Fouché sal tussen 24 Junie en 15 Julie verskeie praatjies oor die benutting van doringlose turksvye as ’n droogte-aangepaste gewas in Namibië kom lewer.

Sy toer in Namibië begin op 24 Junie in Karasburg, gevolg deur praatjies op 25 en 28 Junie op Keetmanshoop en Helmeringhausen. Op 30 Junie is hy op Maltahöhe, op 1 Julie op Mariental en op 8 Julie op Kalkfeld of Omaruru.

Op 10 en 11 Julie word ’n teoretiese sessie, gevolg deur ’n praktiese sessie op Kamanjab aangebied, gevolg deur praatjies op 12, 13 en 15 Julie op Otjikondo, Excelsior en in Windhoek onderskeidelik.

Vir meer inligting kan Rina Hough by die Namibië Landbou-unie (NLU) gekontak word.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-04-30

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 3 Leicester City | Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City English Championship: Preston North End 0 vs 3 Leicester City | Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 30° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:33, High tide: 07:25, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:31, High tide: 07:23, Low Tide: 02:00, High tide: 20:19 Walvis Bay: 19° | 30° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:31, High tide: 07:22, Low Tide: 02:00, High tide: 20:18 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 15° | 32° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 21° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.42 | EUR to NAD 20.05 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.7 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389 | USD to ZAR 18.71 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76456.15 Up +1.44% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1707.28 Up +2.04% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13373.9 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26011.28 Up +5.57% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 312.66/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.58/lb UP +0.70% | Zinc US$ 2 939.10/T DOWN -0.83% | Brent Crude Oil US$ 88.20/BBP DOWN -0.002 | Platinum US$ 936.28/OZ UP +2.62% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 3 Leicester City | Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City English Championship: Preston North End 0 vs 3 Leicester City | Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 30° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:33, High tide: 07:25, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:31, High tide: 07:23, Low Tide: 02:00, High tide: 20:19 Walvis Bay: 19° | 30° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:31, High tide: 07:22, Low Tide: 02:00, High tide: 20:18 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 15° | 32° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 21° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.42 | EUR to NAD 20.05 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.7 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389 | USD to ZAR 18.71 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76456.15 Up +1.44% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1707.28 Up +2.04% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13373.9 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26011.28 Up +5.57% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 312.66/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.58/lb UP +0.70% | Zinc US$ 2 939.10/T DOWN -0.83% | Brent Crude Oil US$ 88.20/BBP DOWN -0.002 | Platinum US$ 936.28/OZ UP +2.62%