Loading svg Please wait while we translate the article

Toets teen Kenia ewe breed voor Welwitschias

Rugby
Tielman Van Lill
Die Welwitschias loop deur onder kritiek uit alle oorde ná 'n flou vertoning Woensdag teen Zimbabwe in die halfeindstryd van die Rugby Afrika-beker toernooi in Kampala, Uganda.

Allister Coetzee, afrigter van Namibië, het die vertoning in die nederlaag met 10-32 teen Zimbabwe bestempel as een van die swakstes wat hy tot nog toe van sy span gesien het.

Dit was die eerste oorwinning vir Zimbabwe teen Namibië in twee dekades en het daartoe gelei dat Namibië as die verdedigende kampioen onttroon is.

“Ons voel steeds die pyn. Die intensiteit en energie was beslis nie daar nie. Die foute wat ons gemaak het, soos om nie aan ons balbesit te beskerm nie en vir die Sables in gebroke spel omkeerbesit te gee, is rede tot kommer.

“Hulle het drie drieë uit net ongedwonge foute gedruk. Ons verdediging het ook in terme van fisiekheid ontbreek.”

Coetzee reken Zimbabwe was die span wat die oorwinning meer wou hê.

“Zimbabwe het ook enkele lynstane verloor, maar daar was net meer dringendheid in hul spel, die manier waarop hulle skoppe gejaag het en die manier waarop hulle ons foute uitgebuit het. So alle eer aan hulle.”

Hy het die belangrikheid van die ontwikkeling van spelers se vaardighede beklemtoon. “Ons het ‘n klompie onervare spelers hier; dis vir hulle ’n leerkurwe en beslis ’n toets op ’n hoër vlak.”

Coetzee het die hoop uitgespreek dat sy spelers die lesse tydens Sondag se bronsfinaal (13:00) teen Kenia ter harte sal neem.

“Dit gaan ook nie 'n maklike wedstryd wees nie. Die Keniaanse spelers is inderdaad groter en meer fisiek as die Zimbabwiërs.”



'Alle oë is op hulle'

John Heynes, uitvoerende hoof van die Namibië Rugbyunie (NRU), het 'n beroep op ondersteuners en die land in geheel gedoen om die spelers te ondersteun.

“Kom ons skaar agter ons spelers. Hulle het ons steun nou meer as ooit nodig. Aanhangers wil resultate hê en dit sal uiteindelik kom wanneer ons ruimte vir groei en verbetering toelaat.”

“Die uitslag was uiters teleurstellend en nie wat Namibiese ondersteuners wou hê nie. Ons moet egter die groter prentjie in gedagte hou. Ons het (vir die nuwe Wêreldbeker-siklus) voorraadopname geneem en is tans besig met spanbou.

“Hierdie proses het toegelaat dat meer plaaslik gebaseerde spelers hul land kan verteenwoordig. Die taak moes iewers begin en ‘n mens weet kan baie frustrerend wees.”

Heynes het ondersteuners herinner dat Namibiese rugbyspelers vele opofferings maak om hul land te verteenwoordig.

“Die spelers weet dat alle oë op hulle is en sal nie doelbewus foute maak nie. Ons het nie 'n goeie wedstryd beleef nie. Kom ons laat die afrigter toe om sy werk te doen, die spelers om te speel en hou in gedagte dat die kwalifiserende toernooi vir die 2027 Wêreldbeker eers in 2025 plaasvind.”

Algerië (64ste op wêreldranglys) se opgang is skouspelagtig en die Noord-Afrikane sal Zimbabwe (30ste) Sondag in die eindstryd van die 2024 Rugby Afrika-toernooi takel, net nadat Namibië (24ste) teen Kenia (34ste) vir die bronsmedalje uitspeel.

Heynes het die spelers in Uganda aangemoedig om die kans aan te gryp, saam te staan en hul nasie se trots te herstel.

“Toon vasberadenheid, veerkragtigheid en samehorigheid as 'n span om die uitdagings wat voorlê te oorkom. Jul toewyding, deursettingsvermoë en toewyding sal getoets word. Dis in hierdie oomblikke waar kampioene gesmee word.

“Gee alles, vertrou op jul vermoëns en speel met onwrikbare intensiteit. Die tyd is nou om jul vaardigheid, vasberadenheid en honger na sukses ten toon te stel,” het Heynes gesê.



REKORD TEEN KENIA

Toetse gespeel (sedert 1993): 13.

Namibië wen 11, Kenia wen 2.

Punte: Namibië 640, Kenia 225.

Mees onlangs: 10 Julie 2022 in Aix-en-Provence (Frankryk), Namibië wen 36-0.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2025-02-16

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Six Nations: Scotland 18 vs 32 Ireland | England 26 vs 25 France | Italy 22 vs 15 Wales Premier League: Everton 2 vs 2 Liverpool Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 19° | 31° Eenhana: 20° | 28° Oshakati: 22° | 28° Ruacana: 19° | 29° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 22° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:33, High tide: 05:38, Low Tide: 23:34, High tide: 17:50 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:31, High tide: 05:36, Low Tide: 23:32, High tide: 17:48 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 24km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:31, High tide: 05:35, Low Tide: 23:32, High tide: 17:47 Rehoboth: 19° | 31° Mariental: 22° | 34° Keetmanshoop: 24° | 37° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 17° | 31° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 17° | 26° Lubumbashi: 18° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 19° | 24° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 23° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.95 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1509 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 28.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 88717.13 Up +1.00% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.63 Up +0.36% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16452.23 Up +0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10063.87 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 882.48/OZ DOWN -0.0166 | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0281 | Zinc US$ 2 857.30/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP DOWN -0.0102 | Platinum US$ 1 001.35/OZ DOWN -0.0362 Sport results: Six Nations: Scotland 18 vs 32 Ireland | England 26 vs 25 France | Italy 22 vs 15 Wales Premier League: Everton 2 vs 2 Liverpool Weather: Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 19° | 31° Eenhana: 20° | 28° Oshakati: 22° | 28° Ruacana: 19° | 29° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 22° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:33, High tide: 05:38, Low Tide: 23:34, High tide: 17:50 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:31, High tide: 05:36, Low Tide: 23:32, High tide: 17:48 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 24km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:31, High tide: 05:35, Low Tide: 23:32, High tide: 17:47 Rehoboth: 19° | 31° Mariental: 22° | 34° Keetmanshoop: 24° | 37° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 17° | 31° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 17° | 26° Lubumbashi: 18° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 19° | 24° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.95 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1509 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 28.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 88717.13 Up +1.00% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.63 Up +0.36% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16452.23 Up +0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10063.87 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 882.48/OZ DOWN -0.0166 | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0281 | Zinc US$ 2 857.30/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP DOWN -0.0102 | Platinum US$ 1 001.35/OZ DOWN -0.0362