Loading svg Please wait while we translate the article
Van links is Oliver Durand, Rodney Feris en Noah Nell tydens Saterdag se oopwaterswemkompetisie. Foto Nasfed (Facebook)
Van links is Oliver Durand, Rodney Feris en Noah Nell tydens Saterdag se oopwaterswemkompetisie. Foto Nasfed (Facebook)

Haastigste swemmers na vore by Oanobdam

Oopwaterswem
Stewige getalle swemmers het die byeenkoms ondersteun wat deur Pupkewitz geborg is.
Tielman Van Lill
Die Namibiese Watersportfederasie (Nasfed) het die afgelope Saterdag sy eerste oopwaterswemkompetisie vir swemklubs by die Oanobdam wes van Rehoboth aangebied.

Rehoboth se hoogte bo seevlak (nagenoeg 1 385 meter) was die inspirasie vir die “Nasfed Pupkewitz Open Water Altitude Swim”-byeenkoms.

Die kompetisie met afstande wat tussen een en vyf kilometer gewissel het, is deur Aqua-swemklub, Dolphins-swemklub en Marlins-swemklub asook individuele swemmers ondersteun.

Die tienerjarige Oliver Durand, wat die afgelope tyd vuurwarm in swembyeenkomste presteer, was loshande die haastigste manswemmer oor die langste afstand, terwyl Madison Bergh die vinnigste van die vroue en meisies se tye in die 5 km aangeteken het.

In die 3 km kompetisie het swemmers soos Ainoa Naukosho en Lara Steyn, asook James Langford, Victor Engelhard en Luke Beukes van hulle laat kennis neem.

Die voorste uitslae:



5 kilometer

Vroue (45-54 jaar): 1 Ilona Sickel (1 uur 28 minute 51 sekondes).

Mans (45-54): 1 Philipp Sonntag (1:33:04).

Vroue (35-44): 1 Cari Graf (1:58:15).

Mans (18 en ouer): 1 Noah Nell (1:24:11).

Meisies (16-17): Jessica Humphrey (1:14:09), 2 Carissa Steyn (1:14:19), 3 Ariana Naukosho (1:22:58).

Seuns (16-17): 1 Oliver Durand (1:04:45), 2 Alex Marggraff (1:08:59).

Meisies (14-15): 1 Madison Bergh (1:11:36).

Seuns (14-15): 1 Naan Jiao (1:08:39), 2 Lorenzo Esterhuizen (1:08:58), 3 Rodney Feris (1:11:38).



3 kilometer swem

Vroue (ouer as 65): 1 Cheryl Young (54 minute 47 sekondes).

Vroue (55-64): Karin Brockmann (1:22:26).

Mans (55-64): Richard Fitzpatrick (1:12:19).

Mans (45-54): 1 Axel Theissen (1:00:23), 2 Chris Liebenberg (1:17:28).

Vroue (35-44): 1 Sonja Obholzer (53:53), 2 Liiza-Mari von Schauroth (54:21).

Mans (25-34 jaar): 1 Jörn Diekmann (53:27).

Vroue (18 en ouer): 1 Ju-Aneé Oberholzer (53:53).

Seuns (16-17): 1 Luke Beukes (44:00).

Meisies (14-15): 1 Lara Steyn (43:58).

Seuns (14-15): 1 James Langford (43:15), 2 Victor Engelhard (43:57).

Meisies (12-13): 1 Ainoa Naukosho (43:21), 2 Sandra Schnebel (46:29).



1 kilometer swem

Vroue (65 en ouer): 1 Berrit Graf (21 minute 16 sekondes).

Mans (65 en ouer): 1 Gabor Salamon (19:42).

Vroue (55-64): 1 Lucy Louw (16:14), 2 Jane Samson (20:34).

Vroue (45-54): 1 Lena Brinkmann (17:56).

Mans (45-54): 1 Peter Brinkmann (15:37), 2 Mark Brinkmann (16:09), 3 Maarten Venter (24:12).

Vroue (35-44): 1 Gabi Erni (23:32).

Mans (35-44): 1 Adriaan Maritz (20:04), 2 Xinhai Guo (27:01).

Seuns (17-18): 1 Ruizhe Zhou (16:33).

Meisies (15-16): 1 Maja Brinkmann (13:45), 2 Nora Schlabitz (14:29).

Seuns (15-16): 1 Liam Kinnaird (12:29), 2 Fourie Steyn (14:30), 3 Darius Kotze (18:08).

Meisies (13-14): 1 Emma Brinkmann (14:20), 2 Scarlett McNamara (16:15), 3 Kyra Marschall (16:41).

Seuns (13-14): 1 Naan Jiao (12:30), 2 Ryan Steyn (14:13), 3 Riley Bergh (14:56).

Meisies (12 en jonger): 1 Laila Joubert (14:18), 2 Roze van Wyk (14:58), 3 Xinyue Huang (15:56).

Seuns (12 en jonger): 1 Oelof Badenhorst (14:17), 2 Aiden Diehl (14:20), 3 Patrick Durand (14:56).

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-12-13

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 22° | 43° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 20° | 34° Gobabis: 23° | 37° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 21° | 39° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 20° | 39° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 17° | 36° Oranjemund: 12° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 16° | 34° Mbabane: 16° | 18° Maseru: 13° | 34° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 27° Windhoek: 20° | 34° Cape Town: 16° | 22° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 19° | 33° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 21° | 37° Harare: 21° | 33° #REF! #REF!