Namibiese krieket kyk vorentoe
Krieket is ’n belangrike sport by Pro-Ed Akademie, waar heelwat leerders deelneem en daarin uitblink.
Dit is geen verrassing dat soveel van ons onderwysers en leerders opgewonde was om Namibië in hul internasionale wedstryde te ondersteun nie. Namibië se manskrieketspan het in Oktober by die T20 Wêreldbeker in Australië gespeel.
Studente het elke kans wat hulle gekry het na die wedstryde gekyk en onderwysers het ook aangesluit om te ondersteun. Die wedstryd teen Verenigde Arabiese Emirate was so belangrik vir almal omdat Namibië op die punt was om weer die Super 12-hoofkompetisie te haal. Vanjaar was daar ’n groot kans vir die span aangesien hulle Sri Lanka (een van die wêreld se top 10-spanne) met 55 lopies geklop het.
Dit wys dat Namibiese krieket teen ’n groot tempo verbeter, wat beteken dat ons ’n blink toekoms het om na uit te sien. Die Namibiese manskrieketspan, die Eagles, word georganiseer deur Krieket Namibië wat sedert 1992 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad is.
In eendagkrieket het Namibië reeds sy debuut by die Wêreldbeker-toernooi in 2003 gemaak. Ná ’n jarelange stryd het die Eagles eindelik verlede jaar weer deurgedring en by die T20 Wêreldbeker in die Emirate verskyn, waar hulle teen Sri Lanka verloor het, maar daarna geskiedkundige oorwinnings teen Nederland, Skotland en Ierland behaal het.

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen